Lente

'n Gedig, van my hart na joune.
'n Uitnodiging in te leun, in die ongemak wat kom saam met brawe stappe getree soos wat ons luister na die Stem wat saggies in ons binneste fluister.

'Lente'
In beginsel, van pure natuur
toestemming om oor te begin
om gister te groet en die nuwe te omarm
soms maak dit bietjie seer
die deurbreek metamorfose ongerieflik en ongemaklik
jou glorie nog weggesteek onder 'n wolkekombers
soos mis voor die son verdwyn
verskyn 
iemand nuut, maar nog meer jy
Back to blog